Lin’s Gastehuis vier 15 bestaansjare

 Lin’s Gastehuis het vandag, 12 Julie, presies 15 jaar gelede (1996) hulle deure amptelik geopen, en was op daardie stadium die eerste en enigste gastehuis in Ermelo. Alhoewel dit baie harde werk geverg het, word Lin’s Gastehuis vandag nog as een van die top gastehuise in Ermelo beskou. Die eienaars, Lin en Jozua, is in besonder trots op hulle gastehuis. Lin’s het deur die jare baie kliënte bederf en wil baie dankie sê vir al hul ou en getroue nuwe kliënte, wat hulle deur die jare ondersteun het. Die eienaars het ook onlangs ‘n karwas met die naam van Lin’s Car Wash geopen. Lin’s bied verskeie fasiliteite aan, soos ‘n kroeg met ‘n pooltafel en veerpyltjies, ‘Pub Lunches’, braai fasiliteite, verskeie sangers wat optree en kompetisies wat gereeld aangebied word waar kliënte groot pryse kan wen. Hulle het ook ‘n bussie met ‘n drywer beskikbaar, wat groepe mense na Casino’s, vakansie oorde, rugbywedstryde ens. neem. Besoek Lin’s Gastehuis gerus en maak gebruik van hulle wonderlike fasiliteite. Vir meer inligting of besprekings, kontak Jozua by 083 306 6966. MS

 
AddThis Social Bookmark Button