Hannes reeds vir 60 dae in Intensief

Hannes Meyer, die elektrisiën van Msukaligwa Munisipaliteit wat op 27 Mei by een van die substasies in Ermelo in ‘n ongeluk betrokke was, baklei tans teen infeksies.

Hannes het die afgelope naweek weereens teen koors, wat deur infeksie veroorsaak is, gestry en sy bloeddruk het weer erg geval.  Hy is egter nogsteeds wakker en is nou reeds 60 dae in die intensiewe eenheid.  Hy is nog aan ‘n respirator gekoppel en ontvang elke dag 4 tot 5 ure dialise behandeling vir sy niere.
“Dankie aan die Tribune wat weekliks Hannes se vordering plaas.  Daar is so baie mense wat belangstel, maar wat nie gereeld kan skakel om te hoor hoe dit gaan nie en die Tribune help om die gemeenskap op datum te hou,” het Elsabé aan die Tribune gesê.  Hannes, Elsabé, Esmarelda en Henrico het steeds die ondersteuning en gebede van die gemeenskap van Ermelo elke dag nodig.  Stuur gerus vir Hannes ‘n boodskap op sy Facebook, sodat sy gesin die boodskappe vir hom kan voorlees wanneer hulle hom besoek.  AS

 
AddThis Social Bookmark Button