Pamflette skok


Ek verwys na pamflette wat op straat in ons dorp versprei word, met pornografiese foto’s op, wat verskillende pornografiese dienste adverteer.     Dit is uiters skokkend dat pornografie so subtiel en so vryelik op straat versprei word, vir so lank al.  Kan iemand nie iets daaraan doen nie?  Ek as vrou kry skaam as sulke foto’s op straat versprei word.  Ek voel nie meer veilig nie, hierdie foto's op die pamflette is onooglik en uiters onsmaaklik.  Hoe kan ons ons kinders daarteen beskerm?  As mens verder op die pamflet lees sal jy sien dat daar allerhande onkuise en onderduimse behandelings geadverteer word, wat ‘n hele industrie van seksuele wanpraktyke en onder andere aborsie, voed.  Hierdie praktyke in ons dorp word bedryf deur uitlanders, en hulle maak geld uit ons mense se onkunde, hul gee valse hoop en hulle vermoor ons ongebore kinders!   Kan iemand nie dalk iets hieraan doen nie?  Die alewige (en onwettige) aborsie advertensies oral in ons dorp, is al so ‘n seeroog!  Hoekom kom hierdie mense weg met hierdie advertensies, of het ons te gewoond geraak daaraan?  Draai ons maar die kop weg, ignoreer dit om die (valse) vrede te bewaar?  NEE, ‘n duisend maal NEE!  Ons sal nie toelaat dat ons dorp beheer word deur onwettige en onheilige praktyke soos hierdie nie!  Bid asseblief saam met my teen hierdie onheiligheid.Onsteld van Ermelo

 
AddThis Social Bookmark Button