Home News Notices Perdespring vanjaar weer hoogtepunt by Skou

Latest News

Popular

Perdespring vanjaar weer hoogtepunt by Skou


Die Perdespring kompetisies gaan vanjaar weer ‘n hoogtepunt wees by die Hoëveld Skou.  Die gewilde aanbieding sal vanjaar op Saterdag, 6 Maart om 07:30 begin.     Talle ruiters sal weer vanjaar die geleentheid bywoon en ‘n kans staan om die  prysgeld in die Power Jump afdeling te wen.  Die prysgeld vir die Power Jump afdeling is soos volg: in die volwasse kategorie wissel die prysgeld tussen R6000, R2000 en R1000 vir eerste, tweede en derde plek; Juniors se prysgeld wissel tussen R3000, R1000 en R500 en die Ponies se prysgeld wissel tussen R2000, R1000 en R500.  Ruiters van sover as Natal, Johannesburg en Swaziland woon hierdie perdespring kompetisie by die Hoëveld Skou jaarliks by.  Die beoordelaars sal vanaf Johannesburg kom om die perdespring kompetisie te beoordeel.  Die Welkompot en Kampioenskappe sal ook gedurende Saterdag plaasvind.   Die Power Jump is gewoonlik  die hoogtepunt by so ‘n kompetisie en die gemeenskap van Ermelo word uitgenooi om Saterdag ‘n draai by die hoofarena te maak, om te sien hoe word dit gedoen. Enige verdere inligting rakende die kompetisie kan by Oubaas de Jager bekom word - hy is beskikbaar op 082 557 0200.  MS

Last Updated (Monday, 28 February 2011 13:47)

 
AddThis Social Bookmark Button