Paasfees deur Pilatus se oë
Het jy al ooit gewonder hoe Pilatus moontlik die kruisiging van die Here Jesus kon beleef het? Nou is daar ‘n geleentheid om uit te vind. AP Kerk Hoëveld-Ermelo bied op 15 en 17 April die paasspel ‘Die Offerkoning’ aan. In hierdie stuk val die klem veral op Pontius Pilatus se belewing van die Kruis-gebeure. Die paasspel is ‘n moet vir elkeen wat met Pilatus se ”vuil hande” kan assosieer. Toegang vir die geleentheid is gratis en dit begin elke aand om 19:00 in die Sewendedagse Adventiste gebou op die hoek van Lion Cachet- en Gelderlandweg, Nederlandpark. Vir navrae of om plek te bespreek, kontak gerus vir Ruanette Volschenk by 082 718 2856. MS

