Home News Sport News Ermelo atlete gereed vir Comrades

Latest News

Popular

Ermelo atlete gereed vir Comrades

 

Na ‘n seisoen se harde oefen, toewyding en deursettingsvermoë is dit weer tyd vir die atlete van Ermelo om aan te tree vir die 2011 Comrades Ultra Marathon.
Sestien atlete van Ermelo Marathonklub sal op Sondagoggend, 29 Mei, om 05:30 in Durban aantree, om die 87km na Pietermaritzburg aan te durf, in die hoop om binne die toegelate 12 ure die eindstreep te haal.  Joseph de Jager sal graag vanjaar sy 25ste Comrades wil voltooi, wat so ‘n groot eer is dat hy daarna gratis sal kan inskryf vir sy toekomstige wedlope.  Hilda Pretorius sal indien sy die afstand binne die toegelate tyd voltooi, haar permanente nommer in groen en goud ontvang.  Dan is daar vier atlete, Hennie Broxham, Theunis Hattingh, Thabane Njolo en Nkomazi Vilakazi, wat hoop om nadat hulle Sondag die wedloop voltooi het, hul eerste Comrades medalje te ontvang.  Frans en Stella Kalp, ook van Ermelo maar wat vir die Eskom Klub hardloop, sal ook aan vanjaar se Comrades deelneem.
Die Ermelo atlete wat Sondag sal aantree is: Shobi Arnoldi - Comrades no. 46384 (1 suksesvolle wedloop reeds voltooi), Hennie Broxham - 49042 (0), John de Beer - 53148 (4), Joseph de Jager - 1869 (24), Manie du Toit - 56191 (6), Steven Goertz - 36813 (10), Theunis Hattigh - 30167 (0), Jannie Höll - 12827 (16), Letsie Höll - 12662 (12), Sizo Moshe - 54544 (6), Hennie Nieuwenhuis - 15116 (18), Thabane Njolo - 9718 (0), Hilda Pretorius - 46149 (9), Adele Smit - 52335 (6), Samuel van Zyl - 26575 (4), Nkomazi Vilakazi - 55491 (0), Frans Kalp - 30183 (5) en Stella Kalp - 55163 (2). 
Ondersteuners wat graag ‘n atleet se vordering wil volg op die Comrades dag, kan die atleet se Comrades no. na 38132 SMS.  Deur die loop van die dag, van die begin van die wedloop tot die einde, sal daar dan inligting van waar die atleet hom of haar bevind, per SMS teruggestuur word.

 
AddThis Social Bookmark Button